Ek bedien by verskeie geleenthede dmv my getuienes met musiek deurweef.
Ek is ook beskikbaar om lof en aanbidding tydens eredienste en geestelike byeenkomste te fasiliteer.
Hoewel ek nou met oorgawe vir God leef en my hart aan Hom behoort was dit nie altyd so nie. Na my pa se onverwagse afsterwe in 1996,
het ek in 'n diep depressie verval, waarvan ek jare lank gesukkel het om te genees.
In hierdie tyd het ek ook aan voorskrifmedikasie verslaaf geraak, 'n eetversteuring ontwikkel en amper my en Dries se huwelik verwoes.
God se liefde was egter so groot dat Hy my uit hierdie greep gered het. Hy het my in oomblikke genees!
Nadat ek my lewe aan Hom oorgegee het, het Hy my roeping aan my openbaar.
Vandag staan ek as losgekoopte deur die bloed van Jesus voor God se troon om sy hart te bedien. My gebed is dat jy jou hart na Hom sal draai,
dat Hy jou nader trek en homself opnuut aan jou openbaar.
Leef elke dag naby Hom......
Adri
