Vir 'n bespreking, kontak my gerus by: +27 83 320 2608 of vul die kontakvorm in deur hier te klik.


Vroueoggende of aande:

'n Kuieroggend/aand saam met Jesus! My getuienis deurweef met musiek.

Waar is jy?
Jesus is die enigste weg. Hy is die deur na die Vader. Hierdie deur is altyd oop maar jy moet self kies...

Waarheen is jy oppad?
'n Opwindende reis saam met Jesus. Die pad van heiligmaking en geloof begin...

Voor Sy troon, by Sy voete....
Heb 4:16 "Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy deernis en onverdiende goedheid bewys sodat ons op die regte tyd gehelp word."
Begin 'n lewe vanuit die Troonkamer leef!

Tydsduur - ongeveer 90 min.


Musiekoggende met pitkos:

Ons fokus by hierdie geleenthede hoofsaaklik op musiek gepaard met kort lering soos God dit voor die tyd aan ons openbaar.

Tydsduur - ongeveer 45 - 60 min.


Eredienste of geestelike byeenkomste:

Ek is beskikbaar om lof en aanbidding tydens eredienste of geestelike byeenkomste te fasiliteer. Ek en 'n klavierspeler wat as orkesleier optree werk saam met die gemeente wie ons nader se musiekspan om 'n sessie tydens 'n erediens of geleentheid te fasiliteer. As die gemeente nie 'n musiespan het nie is daar 'n groep musikante wat beskikbaar is om saam met ons te bedien.

Tydsduur - afhangend van betrokke gemeente of bediening se behoefte


Opleiding t.o.v. lof en aanbidding:

Ons bied ook opleiding vir kerke se musiekspanne aan. Hierdie opleiding strek gewoonlik oor 'n naweek. Ons begin Vrydagaand, Saterdagoggend, Saterdagmiddag 'n praktiese sessie saam met die musiekspan. Sondagoggend fasiliteer ons saam met die musiekspan lof en aanbidding tydens 'n erediens. Tydens hierdie opleiding kan ons ook opleiding vir gemeentes se Tegniese span aanbied.

Tydsduur - gewoonlik van Vrydagaand tot na Sondagoggend diens


Eenvrou vertoning:
Hou dop, binnekort meer hieroor!!!!!!

Vir 'n bespreking, kontak my gerus by: +27 83 320 2608 of vul die kontakvorm in deur hier te klik.









Google